Die Naskool word gedurende weeksdae as volg bedryf:
Vanaf 12:30 tot 17:30 tydens skool kwartale.
Vanaf 7:00 tot 17:30 tydens amtelike skool vakansies.

Gedurende enige Pandemie terwyl die Laerskool net sekere hoeveelheid leerders toelaat daagliks, maak ons gewoonlik 'n spesiale vergunning sodat al die leerders van 7:00 tot 17:30 Naskool toe kan kom. Sonder enige ekstra kostes.

Onthou die naskool is oop gedurende amtelike skool vakansies behalwe in Desember.

Die Naskool is op alle openbare vakansiedae gesluit. Die skool sluit saam met die skole in Desember maar open vroer as die skole in Januarie (voldoende kennis sal in hierdie verband gegee word).

Ons het nogsteets 'n baie lae prys van net R1250 per maand vir 12 maande, betaalbaar op die 1st van elke kalender maand. ‘n inskrywings fooi van R400 is by registrasie ‘n vereiste, om ‘n plek vir die leerder te verseker.

Lees asseblief die kontrak noukeurig deur vul hom in en parafeer onderaan elke bladsy. U kan die kontrak digitaal invul en epos. Ons sal dat u die kontrak teken die eerste dag. 

U kan die kontrak e-pos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. ons sal u laat weet wanneer die Leerder kan begin.

Kliek hier vir die Kontrak vir 2022