Juffrou Marie se Naskool is ‘n opvoedkundige naskool sentrum vir laerskoolleerders. Ons bied ‘n veilige en prettig omgewing vir die leerders om in te bly en speel wanneer hulle nie in die skool is nie. Reg Langs Laerskool Elarduspark.

Met die besige lewe van vandag gee ons u die gerustheid dat ons help met al hul aktiwiteite na skool:

-Gekwalifiseerde hulp vir elke graad
-Ekstra hulp met huiswerk, opsommings en individuele hulp waar nodig
-Veilig besorg en afhaal by naskool aktiwiteite
-Beroemde middag ete en versnapperings
-Emosionele en Sosiale Groei
-Lekker groot speelterrein
-U kan gerus wees dat ons die laerskool se sillabus presies volg en seker maak U kind het die regte opsommings


Wees gerus dat in ons liefdevolle omgewing U kind veilig en versorg sal wees.