Juffrou Marie se Naskool is ‘n opvoedkundige naskool sentrum vir laerskoolleerders. Ons bied ‘n veilige en prettig omgewing vir die leerders om in te bly en speel wanneer hulle nie in die skool is nie. Reg Langs Laerskool Elarduspark.
Met die besige lewe van vandag gee ons u die gerustheid dat ons help met al hul aktiwiteite na skool:
-Gekwalifiseerde hulp vir elke graad
-Ekstra hulp met huiswerk, opsommings en individuele hulp waar nodig
-Veilig besorg en afhaal by naskool aktiwiteite
-Beroemde middag ete en versnapperings
-Emosionele en Sosiale Groei
-Lekker groot speelterrein
-U kan gerus wees dat ons die laerskool se sillabus presies volg en seker maak U kind het die regte opsommings
Wees gerus dat in ons liefdevolle omgewing U kind veilig en versorg sal wees
Die vankansie klub word elke skoolvakansie aangebied, behalwe in die Desember vakansie. Ons permanente leerders sal voorkeur kry by die vakansie klub maar laat toe dat ander leerders ook kan kom kuier vir ‘n ekstra fooi.
‘n Program sal voor die vakansie verskaf word met al die aktiwiteite soos gestruktureerde, speel kuns en kunsvlyt
Kyk net hoe lekker
Geniet ons spesiale Naskool vir die lae fooi van R1650 per maand vir 2025. Dit sluit ons beroemde middagete en versnapperings in. Aseblief onthou dat ons aansluitings fooi van R450 'n een malige bedrag is en nie elke jaar verhaal word soos by ander naskole nie.